Koper
Ons behulpsame personeel by Keimoes depot sal jou bestelling neem. Indien ons nie voorraad beskikbaar het nie sal ons probeer om die produk in die hande te kry wat jy benodig. Weens die tegniese aard van landbouchemiese middels, kunsmis en die regulasies wat die verkope daarvan reguleer, kan ons verkoops-personeel nie landbouchemiese middels of kunsmis voorskryf nie. Bel een van ons Landboukundiges en hulle sal help waar hulle kan.
Vir enige tegniese bystand of indien jy net die opinie wil hoor van een van ons Landboukundiges, kontak ons kantoor of praat direk met een van ons Landboukundiges.
Verskaffer
Weens die plase se lokaliteit wat gewoonlik buite dorpsgebiede geleƫ is of oor landsgrense, glo ons in 'n benadering tot ons verskaffers wat 'n plaas in staat stel om sy oes voorbereiding op tyd af te handel. Ons probeer dus om kommunikasie kanale oop te hou en saam te werk met verskaffers, vervoer besighede, reguleerders en plase ten einde te voldoen aan die slagspreuk "volg op en volg op". Ons verkry alle voorraad van ons hoof-verskaffers.
Praat met een van ons Landboukundiges vir enige inligting rakende verskaffer logistiek en aankope.