Laaste opgedateer op 2021-06-30

Privaatheidsbeleid

OranjeRivier Oesbeskerming (hierna verwys as OROB) respekteer u reg tot privaatheid en verstaan die behoefte om u persoonlike inligting te beskerm.   Orob het die OranjeRivier Oesbeskerming toepassing gebou as 'n Vry toep. Die DIENSTE word verskaf deur Orob vir geen koste en voetstoots, tensy ons Terme van Gebruik anders aandui.   Die informasie op hierdie webblad is om besoekers wat ons dienste gebruik in te lig rakende ons beleid om Persoonlike Inligting in te samel, te gebruik en te openbaar wanneer u ons Dienste gebruik, insluitend Dienste verskaf deur hierdie webtuiste, ons toepassings, verkope en kommunikasie wat daaruit voortvloei.   Indien u ons Dienste gebruik verbind u, u self tot ons beleid om inligting in te samel en te gebruik. Die Persoonlike Inligting wat ons insamel word gebruik om ons Diens te lewer en te verbeter. Ons sal nie u inligting gebruik of deel met enige iemand nie behalwe soos beskryf in hierdie Privaatheidsbeleid.   Ons het ook hierdie privaatheidsbeleid ontwikkel om gehoor te gee aan die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting 4 van 2013 ('POPIA').

Die terme soos gebruik in ons Privaatheidsbeleid het dieselfde betekenis as in ons Terme en Voorwaardes, wat beskikbaar is by OranjeRivier Oesbeskerming tensy die samehang anders dui in ons Privaatheidsbeleid.

Versameling en Gebruik van Inligting

Vir 'n beter ervaring terwyl u ons dienste gebruik, mag ons persoonlike herkenbare inligting benodig, wat sal insluit, maar nie beperk wees tot, Voorname, Vanne en E-pos adresse nie. Die inligting wat ons versoek sal slegs op u toestel behoue bly en word onder geen omstandighede deur ons versamel nie.

Ons Beleid vir die prosessering van Persoonlike Inligting voldoen aan die volgende beginsels:

  • Konsensus: Slegs Persoonlike Inligting waarvoor die gebruiker toestemming verleen het, word geprosesseer.
  • Minste Hoeveelheid Inligting: Ons prosesseer slegs Persoonlike Inligting wat benodig word om die gebruiker te identifiseer en om Profielgate en Peste te moniteer.
  • Insameling regstreeks van gebruiker: Ons prosesseer slegs data wat regstreeks deur 'n gebruiker aan ons deurgegee is of ingevoer word op die Toepassing.

Die Toepassing gebruik derde party dienste wat moontlik inligting insamel om u te identifiseer.

Skakel na privaatheidsbeleid van derde party diensteverskaffers wat gebruik word deur hierdie Toepassing:

Log Data

Neem kennis dat wanneer u ons Diens gebruik en daar 'n geval is waar 'n fout in die Toepassing voorkom, ons data en informasie insamel (deur derde party produkte) op u selfoon genaamd Log Data. Log Data mag inligting insluit soos u toestel Internet Protokol (“IP”) adres, toestel naam, bedryfstelsel weergawe, die konfigurasie van die Toepassing wanneer u die Diens gebruik, die datum en tyd wanneer u die Diens gebruik, en ander statistieke.

Koekies

Koekies is lêers met 'n klein hoeveelheid data wat algemeen gebruik word as anonieme unieke identifiseerders. Dit word gestuur na u blaaier na aanleiding van die webtuistes wat u besoek en word gestoor op u toestel se internegeheue.

Hierdie Diens gebruik nie sulke "koekies" uitdruklik nie. Nietemin, mag hierdie toepassing derde party kodes en biblioteke benut wat "koekies" gebruik om inligting in te samel en hul dienste te verbeter. U het die opsie om, of die koekies te aanvaar, of te weier, maar u sal weet wanneer 'n koekie na u toestel gestuur word. Indien u weier om koekies te gebruik, mag dit onmoontlik wees om sekere gedeeltes van die Diens te benut.

Diensteverskaffers

Ons mag derde party maatskappye of individue in diens neem weens die volgende redes:

  • Om ons Dienste te vergemaklik;
  • Om Dienste namens ons te verskaf;
  • Om diensverwante Dienste te lewer; of
  • Om ons by te staan met die analisering van hoe ons Dienste gebruik word.

Neem kennis daarvan dat hierdie derde partye toegang het tot u Persoonlike Inligting. Die rede hiervoor is om take, wat deur ons aan hulle toegewys is, namens ons uit te voer. Hulle word egter verplig om nie hierdie inligting te openbaar nie of hierdie inligting vir enige ander doeleindes te gebruik nie.

Sekuriteit

Ons heg waarde aan u vertroue om ons van u Persoonlike Inligting te voorsien, daarom streef ons daarna om kommersieël aanvaarbare metodes te gebruik om dit te beskerm. Onthou egter dat geen metode van transmissie oor die internet, of metode van elektroniese storing 100% veilig en betroubaar is nie en ons waarborg dus nie dat dit absoluut gesekureer sal wees nie.

Skakels na ander Webtuistes

Hierdie Diens mag skakels na ander webtuistes bevat. Indien u klik op 'n derde party skakel, sal u na daardie tuiste geneem word. Neem kennis dat hierdie eksterne tuistes nie deur ons bestuur word nie. Daarom beveel ons u ten sterkste aan dat u die Privaatheidsbeleid van hierdie webtuistes deeglik bestudeer. Ons het geen beheer oor en neem geen verantwoordelikheid vir die inhoud, privaatheidsbeleid, of praktyke of enige derde party webtuistes of dienste nie.

Kinderprivaatheid

Hierdie Dienste is nie gerig aan enige persoon onder die ouderdom van 13 nie. Ons versamel nie bewustelik persoonlik herkenbare inligting van kinders onder die ouderdom van 13 nie. Ingeval ons bewus word dat 'n kind onder die ouderdom van 13 persoonlike inligting verskaf het, word die inligting onmiddellik verwyder vanaf ons bediener af. Indien u as ouer of voog bewus word dat u kind persoonlike inligting aan ons verskaf het, kontak ons onmiddellik sodat ons die nodige stappe kan neem om die inligting te verwyder.

Besware teen Beleid

As gebruiker kan u op enige oomblik, op redelike gronde, volgens voorgeskrewe metode, beswaar aanteken met betrekking tot sy of haar se spesifieke situasie tot prosessering van sy of haar data, tensy ons toegelaat word volgens wet of ooreenkoms om voort te gaan met die prosessering van data.

Heersende Taal

Indien daar enige verskille in betekenis of uitleg ontstaan tussen die verskillende vertalings van hierdie Beleid, sal die Engelse teks heers.

Veranderinge aan Privaatheidsbeleid

Ons mag van tyd tot tyd ons Privaatheidsbeleid opdateer. Dus, word u aanbeveel om hierdie blad op 'n gereelde tydperk te hersien vir enige veranderings. Ons sal u egter inlig indien daar veranderings is, deur die Privaatheidsbeleid op hierdie blad te plaas.

Die beleid is geldig vanaf 2019-02-28

Kontak Ons

Indien u enige vrae of voorstelle oor ons Privaatheidsbeleid het, moenie aarsel om ons te kontak by herman@orob.co.za.

Hierdie privaatheidsbeleid blad was geskep by privacypolicytemplate.net en aangepas/gegenereer deur App Privacy Policy Generator en Orob